DIE SHACK
Deur William P. Young
Vertaal deur Nel Claassen en Stephan Vosloo
DIE SHACK het die godsdienstige geskenkpapier
waarmee ek God toegedraai het, afgeskeur
en die werklike God ontbloot.
Dit het my lewe vir altyd verander.
- Wendy Coetzee
Op ʼn ongewone manier word God en Sy liefde, die belangrikheid van verhoudinge
en die bevrydende krag van vergifnis aan die leser oorgedra.
Ek is van mening dat mense op alle vlakke en grade van spiritualiteit
deur hierdie boek geraak en selfs ten diepste verander gaan word.
Die skrywer slaag meesterlik daarin om jou die “klein-prentjie” mentaliteit
van die lewe te laat vervang met die groter
prent van ʼn genadige God en die ware sin van die lewe.
- Dr. Isak Burger, President van die A.G.S.
Ons eie huis het in baie donker tye hierdie perspektief op God se Vaderhart
nodig gehad en baie heling beleef uit die lees van hierdie eenvoudige verhaal.
Op Teologiese gebied dink ek is die boek handig omdat dit die verhaal gebruik
om mense se seer aan te spreek en baie Bybelse waarhede in verhaaltrant oopmaak.
Die verhoudingsmatige in die verstaan van die Drie-Eenheid word ook,
na my mening, treffend en eenvoudig uiteengesit. Daarom: Tolle, lege! (Neem, lees!)
- Dr. Lourens Schoeman, NG Sendingleraar
Pryse sluit posgeld in.
1-9 boeke: R115 per boek
10-19 boeke: R100 per boek
20 en meer:R80 per boek
This product was added to our catalog on Tuesday 26 August, 2008.